Press "Enter" to skip to content

Menslike Seksualiteit: Skepping (Deel 3) – Die huwelik en God se oorspronklike ontwerp

Wie het die huwelik ingestel en bepaal die orde daarvan? Wanneer en hoekom het God dit as lewenslange, monogame verbondsverhouding geheilig? Waar pas die seksuele verhouding in sodat dit Godverheerlik? Waarom is die Here so ernstig oor egskeiding? Kan ons meer doen om stukkende huwelike in die kerk te herstel?

00:00 Skepping deel 3 – Die aard, doel, orde van die christelike huwelik volgens die Skrif
02:10 Vraag 9 en 15 – Wanneer is die huwelik ingestel, en laat God huwelike toe tussen mense van dieselfde geslag?
08:18 Vraag 10 en 11 – Wat is die huwelik, en hoekom het God die huwelik ingestel?
14:00 Hoekom is ons samelewing so vervalle?
16:45 Die huwelik en die seksuele
17:55 Vraag 12 – Laat God seksuele intimiteit buite die huwelik toe?
20:20 Liggaam-siel eenheid van die mens
26:20 Vraag 13 en 14 – Wat is die christelike posisie oor egskeiding, en is daar dan nie Bybelse redes vir egskeiding nie?
30:20 Help die egpaar wat huweliksprobleme ervaar

Skrifverwysings:
Fil 3:20-21; 1 Kor 15:35-56, Op 21:1-8, Gen 2:18-24, Spr 2:17, Mark 10:6-9, Ef. 2:18, Ef 5 en 6, Heb 13:4, Gen 1:22, 22-28, Gen 8:17, Gen 28, Ps 127:3, Mal 2:15-16, Eks 20:14, 1 Kor 7:1-2 en 10-17, Matt 19:1-9, Lev 18:22, Mark 7:21, Rom 1:24-32, 1 Kor 6:9, 1 Kor 11:3

Aanbieders:
Gerhard van Rhyn en Jaco de Beer

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.