Press "Enter" to skip to content

Luisteraarsvraag: Intercession?

Is Bybelse voorbidding dieselfde as “intercession”? Die woord van God roep gelowiges op om te bid tot ons hemelse Vader, en om alleen of in Christengroepe in gesprek te tree met God vir alle geestelike en liggaamlike behoeftes en in alle omstandighede. Maar hoe definieer ons voorbidding en is die lering vir alle denominasies dieselfde? Wat is die onbybelse slagysters van hedendaagse “intercession”? Is mensgerigte of mistiese voorbidding tot die nut en saligheid van medegelowiges? Waarin of in wie lê die krag van gebed dan eintlik? Wees aangemoedig om saam te bid, maar tog waaksaam te wees en te onderskei tussen waar en vals. Jesus Christus is ons enigste Middelaar wat vir ons kan intree by die Vader, omdat Sy bloedoffer volmaak is!

00:00 Luisteraarsvraag: Voorbidding of “intercession”
04:00 Is dit Bybels om vir iemand in te tree in gebed?
13:00 Waarin lê die krag van gebed?
14:25 Bybelse riglyne vir gebed
24:51 Kry ons ‘n spesifieke gawe om voorbidding te doen?
33:30 Kan ons saam met ander denominasies bid?
37:00 Bid nederig en bybels
38:30 Pasop om die naam van die Here te misbruik

Skrifverwysings:
1 Tim 2:1, Sondag 12 van HBK, Ef 3:14, Es 22:30, Ef 6, Jak 5:15, Matt 6, Sondag 45 Vr & Ant 118 van HBK, Rom 8, Heb 1, Heb 4:14-16, Fil 1, Kol 4:12, Rom 12, 1 Kor 12, Ef 4.

Aanbieders:
Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Nikolaas Pienaar, Jonker Venter

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.