Press "Enter" to skip to content

Ons hoop in Christus: Die teenwoordigheid van die Here

Ons hoop is in Christus en in hierdie episode kyk Scriptura na die teenwoordigheid van die Here.  Die Here is vir ons ‘n wegkruipplek, die Here loop vir ons voor en lei ons, en die Here bring verlossing deur Sy teenwoordigheid. Die Psalms is vol van hoop en verwagting op die redding van die Here, en Hy stel nooit teleur nie. Psalm 42 en Psalm 43 loop saam, en laasgenoemde se opskrif lui “Hoop op God!” En vers 2 gee die rotsvaste rede, “want U is die God van my toevlug….”. In die gebed roep die psalmdigter uit na God om in te gryp in sy donker toestand. God is naby en kragtig, en die digter vertrou dat alles van God afhang. En dan konfronteer hy weer sy eie siel om op God te hoop, “want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!” Hy plaas sy vertroue op God, op wie ons mag hoop en na wie ons kan opkyk, in alle lewensomstandighede. Immannuel – God met ons. Sy beloftes en teenwoordigheid is vas, en Hy red Sy kinders tot eer van Sy naam en Sy koninkryk.

00:40 Ons hoop in Christus: Die teenwoordigheid van die Here
01:43 Teksvoorlesing van Psalm 43
03:52 Die Here is vir ons ‘n wegkruipplek (vers 1, 2)
07:13 Teenkanting teen die individu en teen die kerk
09:35 Die Here loop vir ons voor en lei ons (vers 3)
12:15 Psalmdigter vra in nederigheid
13:49 Erediens is berading onder die geklank van die Woord
16:12 Ons woonplek is nou Christus
17:00 Altaar van God – die kruis (vers 4)
18:55 Troon van genade … sodat ons van blydskap kan sing
21:36 Psalmdigter berispe sy eie siel (vers 5)
22:35 Immanuel – God met ons
23:00 Drie punte ter opsomming
25:40 Die Here bring verlossing deur Sy teenwoordigheid (vers 5)

Skrifverwysings:
Job, Ps 119, Joh 4:23.., Hebreers, Heb 4:14-16, Fil 4.

Aanbieders: Marnix Boersema en Jaco de Beer

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.