Press "Enter" to skip to content

Die Erediens – Gereformeerde aanbidding en sakramente

Volgens die Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 33, is die sakramente vir ons ingestel om God se beloftes aan ons te beseël, en om as tekens van sy goedheid en genade te dien. Dit moet ons geloof voed en in stand hou. Die doop en nagmaal is sigbare tekens en seëls van ‘n inwendige en onsigbare saak: God werk daardeur in ons met die krag van sy Gees. Die tekens is van God af en die maniere en middele waarop ons dit tydens die erediens bedien en ontvang is gebaseer op die woord en dus baie belangrik. Die sakramente se waarheid is geleë in Jesus Christus, sonder wie die sakramente heeltemal betekenisloos sou wees.

00:40 Die enigste twee sakramente – doop en nagmaal
04:51 Wanneer het die sakramente werklik begin?
12:54 Hoe moet die sakramente bedien word?
15:30 Manier en middel word deur God bepaal
17:40 Voorbereiding vir nagmaal
21:13 Gevaarpunte – OORvergeesteliking en verbondsoutomatisme
24:50 Duidelike riglyne vir nagmaal
29:00 Praktiese toepassing
34:25 Verbondsgemeenskap ontvang sakramente saam in geestelike eenheid
37:21 Wie mag sakramente bedien?
44:00 Nederlandse geloofsbeleidenis artikels 33-35, Heidelbergse Kategismus Sondae 25-30
45:05 Sakramentalisme

Skrifverwysings:
Nederlandse geloofsbeleidenis artikels 33-35, Heidelbergse Kategismus Sondag 25-30, 1 Kor 10 verwys na Eks 17, Lukas 22:18-20, Dordtse leerreëls 3 en 4 par 17, 1 Kor 11:17-34, Rom 4:11, Gen 9:13, 17:10-11, Eks 12, Kol 2:11, 1 Kor 5:7, Matt 28:19, Matt 26:26, Rom 10:9, Kol 1:11, 1 Pet 3:20, 1 Kor 10:2.

Aanbieders: Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Marnix Boersema

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d