Op hierdie episode lys ek sewe Bybelse kenmerke van iemand wat vir die Here lief is.
Iemand het die Here lief, wanneer hy begeer om in die weg van die uitverkorenes te wandel. So ‘n persoon vertoon op die ou end gewoonlik hierdie 7 kenmerke:
1. Hy het Christus lief en glo dat Jesus waarlik God is en mens geword het.
2. Hy hou die Here se wette en het berou en bekering teen sy eie swakhede
3. Hy het sy naaste daadwerklik lief
4. Hy vier die sakrament van die Nagmaal
5. Hy is ‘n meelewende lidmaat van ‘n plaaslike kerk
6. Hy het die Waarheid lief
7. Hy span sy hele wese in om die Here lief te hê
Marnix is tans predikant in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet.
Be First to Comment