Gelowiges is soms in moeilike situasies, wat maak dat ons dan met God wil onderhandel: “Here, as U…dan sal ek…” Maar wat sê die Bybel? Mag ons met die Here onderhandel? Hoe verskil ‘onderhandeling met God’ van ‘herinner God’ aan Sy beloftes? Kan ons God enigiets bied? Kan God van plan verander? Tot watter mate is God in beheer? Wat is die nut van onderhandeling met God as Hy reeds soewerein in beheer van alles is? Het ons nie reeds die perfekte Offer ontmoet nie? Hoe lyk berusting in God se raadsplan en tevredenheid onder God se beheer? Bepaal my swakheid, seer en swaarkry wie ek is voor God, of vorm Hy my na Sy wil in die proses?
00:58 Wat bedoel ons met “onderhandel“?
07:55 Kan ons iets bied, en kan God van plan verander?
09:45 Is ons dan passiewe gelowiges?
11:00 Hoe is God in beheer?
12:20 Waar vind ons ware vrede?
16:23 Hoe lyk berusting in God se raadsplan en tevredenheid?
Skrifverwysings:
Eks 4:24, Hand 5, Heidelbergse Kategismus Sondag 2-4, Jes 64:6
Aanbieders:
Marnix Boersema, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn

Be First to Comment