Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Die Jaar 2021

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Scriptura kyk terug oor drie groot kwessies en gebeure wat die christelike geloofsgemeenskap regoor die wêreld erg uitgedaag het hierdie jaar. Transgender agenda en die geslagskwessies, covid regulasies van die regering ten opsigte van eredienste, en dan die geweldige vrees vir die dood wat posgevat het, of ontbloot is, as gevolg van die pandemie.

Jesus het in Mattheus 10:28 gesê: “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.”

Lê daarom liewer jou lewe af vir Christus en vir die koninkryk van God. Aanbid en verheerlik Hom, ons Skepper God, bo alles. Hy wat die dood reeds oorwin het en alle mag oor alles het. Hy wat ons vrygekoop het van sonde en dood, sodat ons nie aan die verganklike kort lewe en ons misleidende hartsbegeertes uitgelewer is nie, maar ‘n vaste hoop op die ewige lewe kan hê.

00:00 2021 in Perspektief

01:25 “Transgender” agenda en die geslagskwessies
07:20 God se skepping – man en vrou
09:45 Identiteitskrisis onder kinders
11:55 Seksuele revolusie
16:08 Wat is die waarheid oor geslag?
16:55 Hoe leer die publieke skoolkurrikulum?
18:42 Keer terug na die basiese Bybelse beginsels

19:00 Covid regulasies van regering vir eredienste
19:25 God se wette bo die staat se covid regulasies
21:10 Stryd in die kerk
24:49 Wat beteken kerkwees in hierdie tyd?
26:42 Oorvergeesteliking van ons geloof

28:44 Twee virusse: covid en die magvirus
29:28 Semper reformanda (sien skakel onder)
30:36 Beelde en sakramente in die Bybel is konkreet en tasbaar
33:02 Waarvoor is ons werklik geroep?
34:56 Te “versigtig” om kerk toe te gaan?
36:10 Dubbelhartigheid – praat ons met twee tonge?
38:30 Vrees vir die dood
39:23 Illusie van beheer oor die dood
41:19 Wat beteken naasteliefde?
42:40 Jesus het die dood oorwin
44:30 Ons werklike roeping
46:08 Neem jou kruis op en volg Jesus
47:50 Normale sosiale interaksie word gekriminaliseer
51:07 Ons behoort aan Christus in lewe en in sterwe

Teksverwysings:
Rom 1 en 13, Deut 6, 2 Joh, Daniel, 1 Kor, Heb 2:14-15, Fil 1, Joh 11, Mark 8, Apostoliese Geloofsbeleidenis.

Skakels:
https://www.scriptura.co.za/2018/08/huwelik-en-gesin-die-satan-se-stille-aanslag-op-die-kerk/
https://www.scriptura.co.za/2019/03/die-huwelik-6-geslagskwessies/
https://www.scriptura.co.za/2021/09/et-cetera-september-2021-week-3/
https://semperreformanda.co.za/
https://www.youtube.com/watch?v=m2HOjrpP9yk
https://www.scriptura.co.za/2021/01/perspektief-januarie-2021-eredienste-en-huidige-regulasies-van-die-regering/

Aanbieders: Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn en Marnix Boersema

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.