Gelowiges is soms in moeilike situasies, wat maak dat ons dan soms met God wil onderhandel: “Here, as U…dan sal ek…” Maar wat sê die Bybel? Mag ons met die Here onderhandel?
Scriptura
Halloween – waar kom dit vandaan en mag ons as Christene dit vier?
Uiteensetting:
03:00 Agtergrond oor die fees
09:40 Trick or Treat, Kostuums en Jack-o’-Lanterns
13:35 Wat maak ek met hierdie inligting?
20:00 Mag ons dit vier?
22:10 Wat as ek of my kinders dit al gevier het?
22:57 ‘n Beter fees!
Kom ons gaan staan vir ‘n oomblik in die skoene van Filippus. Wat baie opvallend is, is waarheen die Gees vir Filippus stuur.Hy stuur hom, sê :26 na ‘n stil, eensame pad. Hulle het dit destyds die “woestynpad” genoem. ‘n Droeë, gevaarlike en stil pad vanaf Jerusalem suidwaards in die rigting van Gasa. Daar was ook ‘n ander, meer gewilde en baie veiliger pad na Gasa – maar die Gees stuur nie Filippus op daardie pad nie. Filippus moet gaan na die eensame, woestynpad.
MOET EK IETS OF IEMAND SALF? Wat en waarom was daar salwing in die Ou Testament? Wie het Jesus gesalf, en deel christene in Sy salwing? Wanneer word ons met die Heilige Gees gesalf? Wat beteken salwing? Trek salwing jou aandag van die ware evangelie af en plaas dit op jou eie geloofswerke (bygelowe)? Wees gerus gelowige, want as jy gered is, hoef jy nooit weer vir enige rede gesalf te word nie.
01:55 Wie, wat en waarom van Ou Testament salwing
03:09 God het 3 dinge gewys voor salwing
06:40 God salf christene met Sy Gees
07:50 Konteks van salwing in Jakobus 5:14
10:30 Is dit nou nog nodig om gesalf te word, of ander te salf?
11:15 Dwaal ons in voorspoedgodsdiens?
13:15 Verwerp ‘n “jesus-plus” afgodsdiens
Skrifverwysings:
Hand 10:38, Matt 3:13-17, 1 Joh 2:27, Jak 5:14.
Aanbieder: Gerhard van Rhyn
Die beginsels van Bybellees in twee episodes.