Perspektief - Julie 2026
In hierdie maandelikse Perspektief-episode van Scriptura bespreek ons drie oënskynlik uiteenlopende nuusgebeure: ‘n advokaat se advertensie vir ‘n tweede vrou, ‘n gewelddadige vuisgeveg by ‘n skool rugbywedstryd, en die toenemende Islamitiese radikalisering onder jongmense in Europa. Hoewel hierdie temas wyd verskil, loop daar ‘n duidelike gemeenskaplike draad deur al drie. Hulle weerspieël die tragiese gevolge wanneer ‘n samelewing sy morele en geestelike anker verloor. Dit lei daartoe dat persoonlike begeertes as goddelik geregverdig word, sport tot ‘n afgod verhef word, en ‘n morele vakuum mense kwesbaar maak vir vernietigende ideologieë.
Minuutmerkers:
02:52 – Die advokaat wat poligamie met die Bybel probeer regverdig.
22:36 – Die vuisgeveg by ‘n skool rugbywedstryd en die afgod van sport.
39:48 – Islamitiese radikalisering van jongmense in Duitsland.
Skakels:
Bride advert seeking young girls sparks child protection concerns
Noordvaal Cup clash abandoned after mass brawl involving players and parents




