Perspektief - Junie 2026
Wanprestasie van die vorige Minister van Landbou, John Steenhuisen, (huidige Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging), het uitgetree uit die Demokratiese Alliansie, omdat sy departement ‘n krisis veroorsaak het in die landbousektor, en hy nie sy bedieningstaak nagekom het nie.
Scriptura gesels oor die volgende vrae rondom leiers en ministers se verantwoordelikheid teenoor die burgers van ‘n land:
- Wat leer die skrif ons oor leiers in hoë posisies?
- Hoe is hulle aanspreeklik vir die beskerming van publieke belange?
- Oordeel God onverantwoordelike leiers en hul aanhangers?
- Kan ongeloof die aanspreeklikheid van die leier kanselleer?
- Het ampsdraers outonome gesag?
Dan lei die gevreesde teen-immigrante optogte wat op 30 Junie 2026 plaasgevind het in Suid-Afrika om ongedokumenteerde buitelanders te deporteer, die gesprek ook om die volgende vrae te oordink:
- Wat gebeur wanneer die overheid nie getrou is in hul taak om die land en burgers se veiligheid beskerm, en grense te reguleer nie?
- Wat gebeur wanneer die burgers van ‘n land se gesonde vrees vir die owerheid verdwyn, omdat die regering nie reg en regverdigheid toepas nie?
- Hoe lyk gesonde vrees vir gesag en straf, en gesonde vrees vir God?
- Hoe word vrees misbruik deur bose owerhede en regerings?
Minuutmerkers:
00:50 Temas
03:00 John Steenhuisen se aanspreeklikheid
08:43 Bedieningstaak en mandaat
14:25 Vyfde gebod
19:09 Teen-immigrante optogte
25:30 Burgery het ingetree waar staat misluk
32:07 Hoe word vrees misbruik deur regerings om burgers te beheer?
Skrifverwysings:
Rom 13, Rom 1, 2 Sam 5, Ps 24, Heb 2:1-15, 2 Tim 1:7, Jes 8:13, 1 Sam 15





Hy is die huidige adjunkminister en nie minister nie.