Perspektief - April 2026
Onderwerpe van bespreking vir vandag is die genadedood of bystanddood wetgewing wat oorweeg en gedryf word om goedkeuring te verkry in Suid-Afrika. Wat is die argumente daarvoor, en wat is die plek en doel van lyding in die christen se lewe? Is daar enige gronde vir genadedood volgens die Bybel?
En dan is die Weste ook geweldig besig om Islam in die samelewing te omhels ten opsigte van sosiale aanvaarding, geestelike tegemoetkoming en ‘n algemene plek vir hierdie afgodsdiens. Wêreldwyd is lande besig om dit al hoe minder teen te staan, en Islam word sonder werklike bewustheid van die bedreiging wat dit inhou, en tot groot kommer, omarm as ‘n vriend.
AI, of Kunsmatige Intelligensie, word vir vele doele aangewend deur alle soorte industrieë met groot sukses, maar... hoe behoort ons as christene daarmee om te gaan, dit ten goede te gebruik, en waarteen moet ons waaksaam wees?
Minuutmerkers:
00:00 Perspektief - April 2026
02:18 Genadedood wetgewing dreig in SA
16:00 Islam word omarm deur die Weste
24:48 Globalisme en intergeloof
28:06 AI - hoe moet ons kunsmatige intelligensie benader en gebruik?
Aanbieders: Gerhard van Rhyn en Jaco de Beer




