Judas - Judas 1:8-16 - Die Dromers
Hierdie gedeelte gee vir ons ‘n agtergrond oor die dwaalleerraars en die oordeel wat op hulle wag, asook ‘n waarskuwing aan die gemeentes en die kerk. Mistiese drome en visioene veroorsaak misleding, en dit kan nie getoets word om die waarheid te bevestig nie. Die arrogansie van valse profete is ook die voorloper van die gnostici wat beweer dat die fisiese liggaam nie belangrik is nie. Wees waaksaam, ken die Woord van God en bid vir onderskeidsvermoë, sodat niemand jou mislei om die leuens te glo nie.
Minuutmerkers:
01:45 Teksvoorlesing
04:45 Dwaalleer besoedel en laster
09:10 Waaraan kan jou droom en visioen getoets word?
18:18 Die waarskuwing van oordeel en verwysings na die Ou Testament
21:30 “Skandvlekke” bring ‘n oordeel oor hulself
30:43 Karakter van ‘n dwaalleeraar
33:45 Henog word aangehaal as illustrasie




