Judas - Judas 1:5-7 Wolwe wat insluip
In hierdie gedeelte waarsku Judas, die broer van Jesus, die gemeente van ernstig teen die valse leer van vleeslike sonde. Hy gebruik die Ou Testament, en wys dat God nooit verander nie, en dat Hy sonde regverdig straf. Wat leer die wolwe wat onder die gemeente insluit en hoe plunder hulle ons geloof? Is God se genade vir ons siele ‘n vrypas vir ons fisiese sonde? Kan ons leef soos ons wil omdat God ons vry gemaak het? Is daar geheime en nuwe inligting wat God nie in sy word vir ons geskryf het nie, sodat ons buite bybelse bronne moet raadpleeg om die Woord beter te verstaan? Wat is die eenvoudige maar kosbare waarheid waaraan ons moet bly vashou? Glo en leef ons met die vaste wete dat ons siel EN liggaam aan God behoort?
Minuutmerkers:
01:25 Skriflesing
03:00 Basiese tema - waak teen dwaalleer en fisiese sonde
07:33 Die geskiedenis dien as waarskuwing
- Israel in die woestyn
- Die engele se sonde
- Sodom en Gomorra
21:00 Wees duidelik oor basies dinge
Skrifverwysings:
Judas 1:5-7, Fil 3:1, Numeri, 2 Pet 3:2




