Judas - Judas 1: 1-4 Stry vir die geloof
Wat presies is die stryd waarin elke gelowige hom of haarself daagliks bevind? Hoekom voer die kerk ‘n voortdurende stryd? Wat is die skat wat ons moet bewaar? Wat steek soms onverwags kopuit in ons gereformeerde kringe, en wat is die leuens waarvoor ons moet uitkyk? Aan wie is die waarheid as skat gegee? Waarom is ons mede-aanspreeklik vir mekaar in hierdie stryd vir die geloof? Wie is die strydende kerk? Wat is die verskillende manière waarop dwalinge die kerk binnesluip, en hoe moet kerkleiers oor die kudde waak?
Bid, lees en oordink die woord van God, en “stry kragtig vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is”, want daar is baie misleiding wat slinks insluip in ons midde om gemeentes binne te dring, en om ons geloof seer te maak.
Minuutmerkers:
01:45 Skriflesing Judas 1:1-4
03:13 Groet van genade tot die stryd
09:43 Geloof - die skat wat ons bewaar
17:00 Mede-aanspreeklik vir mekaar in die kerk
19:50 Volhard enduit
23:15 Wat is ons waarborg?
24:20 Waak teen die besmetting van binne
30:45 Wie is die dwaaleerraars, en hoe lyk hulle?
Skrifverwysing:
Judas 1:1-4




