Judas - Inleiding en oorsig
Die kort boek van Judas, die nederige dienskneg van Jesus Christus, werp lig op die lewe van ‘n gelowige na Christus se opstanding. Diensknegte van die Here. Verdedigers van die waarheid. Van watter Judas word in hierdie teks verwys? Wie het en wanneer en vir wie is die boek geskryf? Die inleidende episode maak ons reeds bewus van die kwessies rondom die boek, en die wonderlike openbaring van God in hierdie boek. Waartoe roep God ons op in die boek, en hoe is die opdrag aan die kerk nog relevant in ons tyd?
Minuutmerkers:
00:00 Judas - Inleiding
02:30 Watter Judas?
09:00 Wie het en wanneer is die boek geskryf?
14:00 Hoekom en aan wie is die brief geskryf?
18:41 Drie dinge staan uit
- die wat geroep is
- die wat in Christus geheilig is
- die wat vir Jesus Christus bewaar is
21:00 Waarskuwing dwalings en skrifgesag
27:00 Eksegetiese uitdagings en kontroversies
34:00 Is Judas relevant vir vandag?





