Hoekom kan sommige mense nie iemand vind wat by hulle pas nie? Is daar fout met hulle, of is daar rede tot kommer? Is dit goed as trou en maat soek jou top lewensdoelwitte word? Watter invloed het die sekulêre wêreld se denke op jong mense en die huwelik? Wat is die ware redes in die Skrif vir die heilige huwelik, en hoekom gaan sommige van ons ongetroud bly? Hoe kan ons met die enkellopendes in die kerk simpatiseer, hulle aanmoedig en ondersteun in die gemeenskap van die heiliges? Wat kan enkellopendes self ook doen om hul gawes in die koninkryk te gebruik, goeie vriende te maak op die regte plekke, en vir die regte redes?
02:30 Hoekom is sommige mense alleen?
05:00 Identiteit
07:10 Minderwaardigheid
08:15 Pyn en hartseer
10:10 Weduwees en wewenaars
13:15 Wanneer word die huwelik of die eggenoot ‘n afgod?
17:10 Enkellopendheid as roeping?
21:50 Selfbeheersing en reinheid
24 50 Hoe help ons mekaar in die kerk?
29:00 Praktiese raad aan enkellopendes
Skrifverwysings:
Kol 2, Ps 68, 1 Kor 7:7-8, 1 Kor 7:32-35, Hand 2, Ps 61
Aanbieders:
Jan-Louis Lee en Jaco de Beer

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Be First to Comment