Site icon Scriptura

Pastoraal: Bejaard en Eensaam

Wat is die uitdagings vir bejaardes in vandag se vinnige lewensstyl? Heelwat bejaardes vereensaam wanneer hul wederhelftes sterf, en hul kinders die huis verlaat. Hoe kan ons hulle bystaan met die moeilike aanpassing van afskaal en nuwe lewensomstandighede, vanweë hul spesifieke behoeftes of gesondheidsuitdagings? Hoe kan ons hulle steeds in ons kerke, en in ons gemeenskappe betrokke hou en verwelkom? Hoe kan ons hul eensaamheid verlig en hulle ondersteun in hul ou dae? Wat sê die Skrif oor ons seniors en ons ouers, en hoe moet ons hulle versorg?

02:30 Psalm 71:1-14
08:10 Die werklikheid van eensaamheid
13:00 Hoe troos die evangelie ons?
22:00 Praktiese raad
25:00 Wat is die verantwoordelikheid van die familie?
31:00 Wat is die rol van die kerk?

Skrifverwysings:
Ps 71:1-13, Luk 2, Spr 1, 1 Tim 5, Tit 2

Aanbieders:
Jonker Venter en Gerhard van Rhyn

Exit mobile version