Hoe word Spreuke 4:23 misverstaan? Is dit ‘n terapeutiese slagspreuk? Wat is wysheid en dwaasheid volgens God se woord? Benader ons dalk hierdie vers vanuit ‘n obsessiewe selffokus en piëtistiese denkraamwerk, wat emosies bo God se wysheid verplaas en liewer ‘n heilige lewe beklemtoon? Watter tipe literatuur is Spreuke, en wat is die konteks van hierdie spesifieke vers? Hoe kan ons nog staatmaak op die emosies van ons harte as dit dan ‘n onheilige natuur het? Wat is ons verantwoordelkheid ten opsigte van ons denke en waaraan ons onsself blootstel?
01:45 Waninterpretasies van Spreuke 4:23
05:18 Wysheidsliteratuur van Spreuke
07:45 Groter konteks van Spreuke
10:30 Wat is ware wysheid en waar kom dit vandaan?
14:10 Hoe moet ons Spreuke 4:23 interpreteer?
17:15 Hoe bewaak ek waarlik my hart?
20:15 Praktiese leiding vir vandag
24:50 Ons verantwoordelikheid
Skrifverwysings: NGB art 14, Jer 17, Spr 1:7, Ps 36, Gal 5, Ps 1, Eseg 11:19 en 36:26, Rom 12:1-2, Joh 15
Aanbieders: Jaco de Beer en Gerhard van Rhyn

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Be First to Comment