Wat word regtig bedoel met Kolossense 1:15 – “Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping …”? En wat is die verkeerde interpretasies van groepe soos die Jehova getuies en die Moslems oor die person van Jesus Christus? Is Hy net die beeld van God, en is Hy die letterlike eersgebore van die skepping soos ons dit vleeslik sal voorhou? Is Hy ‘n skepsel, of is Hy God, en een met God en die Heilige Gees? Wat was die Kolossense konteks en misleiding? Hoe verstaan mense die woord “eersgeborene” verkeerd?
01:22 Kolossense 1:15
01:35 Van wie word gepraat?
03:00 Wanopvattings – letterlik en biblisisties
06:50 Hoe verstaan mense die woord “eersgeborene” verkeerd?
10:00 Wat was die Kolossense konteks en agtergrond?
14:00 Die drie-eenheid
17:43 Wat beteken die teks vir ons vandag?
22:48 Vebond, koninkryk, erfgename
Skrifverwysings: Kol 1, Heb 1, Joh 1, NGB 8 en 9, Ps 98:28, Kol 2, Psalm 33
Aanbieders: Jonker Venter, Jaco de Beer en Nikolaas Pienaar

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Be First to Comment