Wat is geloofs”deconstruction”? Hoekom bevraagteken mense die waarhede van die Bybel en die gereformeerde geloof? Hoe moet ons dekonstruksie benader en mense daaruit help? Watter rol speel postmodernisme en die gees van ons tyd hierin? Wat is die gevolge van die idees van filosowe soos Jacques Derrida? Woorde kry nuwe betekenis en word vloeibaar… waarheid word ‘n vraagstuk. Wat is die verskil tussen kritiese denke en dekonstruksionisme? Is ons geloof onlogies, of is daar bewyse vir wat ons glo? Ondersoek die Skrif en wees gereed om apologeties te antwoord oor die hoop wat ons het in Christus.
01:33 Luisteraarsvraag: Dekonstruksie van geloof
03:25 Wat is die dekonstruksie van geloof?
09:45 Wat is die gevolge van filosowe se idees?
17:00 Filosofie van teenoorgesteldes om die minderheid te dien
22:30 Wat is die verskil tussen kritiese denke en dekonstruksionisme?
28:40 Die waarheid is ‘n person – Jesus
31:20 Riglyne om mense te help
Skrifverwysings: Hand 17:11, Rom 1
Aanbieders: Marnix Boersema, Jonker Venter, Jaco de Beer

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

One Comment
Goeie môre alle aanbiediers van hierdie fenomenale potgooi. Ek wil vanoggend ‘n opmerking maak oor julle episode oor Dekonstruksionisme. Eers bietjie agtergrond. Ek is lid van die GKTD en neem deel aan Ds Venter se Bybelstudie groep. Van dat ek baie klein was (5+) was ek tot die Kerk aangetrek soos ‘n mot na ‘n vlam. Nog nooit aan God getwyfel nie, ten spyte daarvan dat my aanneem ma (AM) ‘n stoere ateïs was (sy is seker nou al oorlede – kontak verbreek in 1982). Hoe antwoord ons ‘n ateïs? Ons wat diep gelowig is maar nie, soos ateïste wat bybelversies leer soosdie ABC en gebruik om gelowiges te laat twyfel nadat hulle (die ateïste) die Bybel só gedekonstrueer het en verse buite en of sonder konteks voorhou. Ek kom uit ‘n veld van ondersoek (oud-speurder – 12 jaar)) en wetenskap (PR Forensiese Wetenskap Laboratorium – 9 jaar)
Hoe verduidelik ek dekonstruksionisme aan iemand? Dekonstruksionisme is wanneer jy elke vers in die Bybel neem en op ‘n aparte Post-It nota skryf, dan plak jy elke vers op die oseaan en probeer daarna die Bybel weer in konteks te verstaan. Nie moontlik nie. As speurder het ek ook te doen gehad met dwelm- an satanisme-sake. Ek sê wat ek nou sê in Engels (ek is Engelssprekend): Dekonstructionism is the gateway to atheism. Charismatic churches are a form of deconstructionism. (Ek en my Ouderling praat eergisteraand hieroor – hulle skeur die Formaliere en die Sakramente uitmekaar totdat dit onherkenbaar is, en noem dit “Scriptures for the New Age”.
Atheism is a gateway to satanism. Deconstructionism is like dagga — a gateway drug to hell. Deconstructionism in the hands of those with ill intent is a tool they use to confuse Christians. A note to atheists: Over the last 65 years of my life, I have asked every and any atheist / non-believer one question. Who created the atom? Op 22 Sep 2025 het ek Ds Venter gevra, o.a: Ek het toevallig hierdie week weer gaan kyk na hierdie wetenskaplike ateïste wat maak asof God nie bestaan nie. Hier volg ‘n lys van wetenskaplikes wat Nobelpryse ontvang, vir iets wat God reeds geskape het. Al wat hulle “slim” maak is dat hulle kon uitwerk hoe God die wêreld geskape het. Sonder God is daar geen wetenskap.
Atheists take something God created, and then exclude God from the ultimate equation. Niels Bohr is interessant. Hy het bekendheid verwerf vir sy model van die atoom. Hy het nie die atoom geskep nie. En tog is hy voorbarig genoeg om geen erkenning aan God te gee nie. Hy sal ook nie my vraag kan beantwoord nie. Vra ‘n ateïs: wie het die atoom geskep? En hy raak stil.
Miskien moes ek vroeër geskryf het — dan het ek minder geskryf. SCRIPTURA het ‘n groot inpak op my daaglike Geloofsbelydenis of belydenis van my geloof. DANKIE! Scriptura het vir my soos ‘n daaglikse aanddiens geword. Na ‘n lang, soms moeilike dag het die gereelde luister na ‘n Scriptura episode salf vir die siel geword.
Die onderhoud met Prof Dolf Britz was fenomenaal. Nóú verstaan ek al hoe meer ek my sielstuiste gevind het in die GKTD. Die vier goed wat Prof sê, hang saam, is baie duidelik en word elke Sondag ervaar: werklike skrif kennis – ek kan elke dag my Bybel lees, maar sonder die skrifkennis wat ek elke Sondag in híérdie kerk opdoen, wat verrykend is, kry die teks lewende betekenis. Die bevrydende betekenis van die heilswaarheid van die belydenis is diep en dit is ‘n eer om Sondae saam met die hele kerk te glo met diepe begrip. Nooit voorheen is die geskiedenis van dít waarvan ons lees en leer so deeglik verduidelik. Konteks bring begrip voort.
En dan die bediening – bes beskryf as volledige versorging. Glo my, as ek sê dit ontbreek in ander kerke. Ek het nou die dag, in antwoord op een van u vrae, gesê: ek weet baie dinge, wat ek nie weet hoe ek dit weet nie. Scriptura beantwoord baie onverklaarbare “weet net” oomblikke.
Mag Scriptura en die GKSA van krag tot krag gaan. Veral GKTD. Dankie Gerhard van Rhyn, wat my leer bid het, in Afrikaans en op ‘n manier wat ek voel dit maak sin.