Press "Enter" to skip to content

Perspektief: September 2025

In 2 Johannes 1:9-10 lees ons: “Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun.”

Die tragiese moord op Charlie Kirk, stigter van Turning Point in Amerika, getuig van die ongelooflike goddeloosheid en hopeloosheid waarin mense hulself vandag bevind. Hy in teendeel, was iemand wat in die publieke domein die evangelie en die waarheid van God verkondig het, terwyl sy geloof ook sy politieke standpunte onderskraag het. Maar in teenstelling met die nederige getuienis van ‘n getroue volger van Christus, waag verdwaalde en misleide christene dit om as selfaangestelde profete op te tree, en onbybelse uitsprake te maak in die naam van Jesus Christus. Danie Botha, eertydse Afrikaanse sanger, het die fout begaan om mense gruwelik te mislei met ‘n profesie van die wegraping, te laster teen God, en ‘n spektakel van die wederkoms van Christus te maak. Hy het iets wat wonderlik is as vreesaanjaend en buite bereik van die nederiges geplaas.

00:00 Danie Botha voorspel die datum van die wegraping
11:10 Rabyns kabalistiese eksegese en hebreeuse kodes
14:41 Dwaalleeraars staan los, verdoem siele
20:45 Praat die Here direk met ons?
24:00 Gebrek aan godsvrees
31:00 Charlie Kirk agtergrond en Turning Point bediening
43:20 Valse aanklagtes van woke aanhangers
48:00 Nalatenskap en getuienis van Kirk se bediening

Skrifverwysings:
Luk 11:52, 2 Johannes 9-10, Heb 1:1, 1 Thes 2 en 4, HK Artikel 36, Spreuke 1:30

Aanbieders: Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.