Press "Enter" to skip to content

Luisteraarsvraag: Glo ons die mens het ‘n vrye wil?

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

In hierdie episode het ons met ‘n lewendige Facebook-uitsending ‘n luisteraar se vraag geantwoord rakende die mens se vrye wil. Glo ons as gereformeerdes dat die mens ‘n vrye wil het?

As ons glo dat God ons uitverkies het en ‘n alles vooraf bepaal het – is ek nog steeds vry om my eie keuses te maak? Forseer God ons om die keuses te maak soos wat ons doen?

Handhaaf ons hierdie siening dat God hierdie absolute beheer oor ons uitoefen? En beteken dit dat alles wat ons doen of probeer doen dus tevergeefs is (fatalistiese beskouing)?

One Comment

  1. Anton Anton

    Kan die wedergeborene wat “vaarlik vry is” nee sê vir God? As julle antwoord ja is, wie word dan almal weergebore? As die antwoord nee is, is jy mos nie waarlik vry nie. Wat word nou van Dordt se uitverkiesing en verwerping voor die skepping? Dis mos ‘n afgehandelde saak wat die mens aanbetref. Hoe moet 1 Tim 2:3-4 dan verstaan word rondom God se wil wat die redding van die mens aanbetref. Is die rede dat julle soms sê julle kan dit nie verklaar nie, nie dalk omdat julle teologie foutief is nie?

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.