Press "Enter" to skip to content

Enkellopendheid

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hierdie episode is vir alle enkellopendes. Dit kan wees dat jy dalk soek na ‘n lewensmaat, of miskien is jy ‘n weduwee/wewenaar.

Enkellopendheid kan baie vrae en emosies by ‘n mens laat onstaan. Jy dink dalk dat die Here van jou vergeet… Of jou in jou eensaamheid los…

In hierdie episode is ons doel om die Skrif se lig op hierdie saak te laat val. Wat sê die Bybel vir ons oor ons enkellopendheid?

Minuutmerkers:

02:30 Wat sê die Woord (1 Korinthiërs 7)

03:30 Is enkellopendheid ‘n “probleem”?

05:05 Is ‘n lewensmaat die “Groot Oplossing” vir my probleme?

06:50 Moet ek trou?

07:25 My identiteit in Christus

09:19 “Ek is afhanklik van ‘n huweliksmaat om my geloofslewe aan te vul…”

10:10 ‘n Genadegawe!

17:20 Enkellopendheid en Kuisheid

18:30 Die huwelik as ‘n “reg” waarop ek aanspraak maak

19:30 God se wil vir enkellopendes

21:00 Redes om te trou

25:39 Wat doen ek in hierdie tyd van enkellopendheid?

2 Comments

  1. Marnix Boersema Marnix Boersema

    Hallo Alida,

    Baie dankie vir jou baie sinvolle bydrae! Ek hoop dat almal wat die episode luister ook hierna sal kyk vir bykomende, praktiese raad.

    Baie groete
    Marnix

  2. Alida van der Kruk Alida van der Kruk

    Môre Marnix en Joker. As enkellopende is ek bekend met die skrifwaarhede waaraan ons moet vashou… dis mooi uiteengesit, maar…

    Hoe vertroos ons / word ons vertroos deur die getroudes en gesinne in ons Geloofsfamilie?????
    PRAKTIES:

    1.Ek self waardeer vriende wat ander enkellopendes aan my wil voorstel, mits daardie persoon ook werklik aan die bybelse standaarde van ń lewensmaat voldoen! Wees oop om nuwe gelowiges te ontmoet!!!

    2. Om “ons” nie te dwing om van ń sekere persoon wel te hou omdat hy/sy darem wel ń gelowige is en “nie ń slegte mens” is nie… “Julle sal wel vir mekaar lief word!” Asof ons nie geregtig is om ń aangetrokkendheid tot iemand te mag ervaar nie.

    3. Maak enkellopendes deel van bybelstudiegroepe waar hulle kan deel in die vreugdes van gesinne!
    My vriende nooi my gereëld vir kuier op eensaam tye… veral naweke!

    4. Wanneer ń enkellopende vrou smag na kinders… laat haar toe om ook ń rol te speel in die versorging en opvoeding van “gemeente kinders”
    My vriende het my “peetmamma” gemaak van hul 3 seuns en ek deel ook in hul opvoeding en kan myself enige tyd gaan moegspeel en knuffel.

    5. Betrek jong mans by die jeugaksies, sodat hul voorbeelde kan wees vir die seuns… (dalk moet julle enkellopende mans nog raad vra – eks bietjie onkundig ?)

    6. Onthou dat enkellopendes ń groooot verlange het na fisiese kontak! Vra jou familie en beste vriende/vriendinne om jou van tyd tot tyd as gelowiges vas te druk! Net vir ń paar oomblikke regtig vas te hou.

    7. Bid bid bid…!!! In die kerk, as gesinne, by bybelstudie… Moenie daardie swaarkry miskyk of afmaak as minder belangrik om aan aandag te gee nie.

    Wou net graag met julle ń bietjie deel uit ń hart van ń enkellopende… xxx

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.