Press "Enter" to skip to content

Getuienis van ‘n ex-charismaat

Drie episodes, waarin Jaco de Beer vertel hoe hy in die Charismatiese Beweging beland het, wat hy daar beleef het (visioene, profesieë) en hoekom hy nie meer vandag in daardie kringe beweeg nie.

SOEKE NA GOD:

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hierdie is deel 1 van 3 in die reeks “Die getuienis van ‘n ex-charismaat”. Jaco de Beer vertel hoe hy in die Charismatiese Beweging beland het, wat hy daar beleef het (visioene, profesieë) en hoekom hy nie meer vandag in daardie kringe beweeg nie.

VISIOENE, PROFESIE EN TALE:

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hierdie is deel 2 van 3 in die reeks “Die getuienis van ‘n ex-charismaat”. Is visioene, profesieë en die tipe belewenisse in die Charismatiese Kerk eg, of is dit alles mense se verbeelding? Hoe ervaar mense hierdie “bonatuurlike” belewenisse?

VERLOSSING VAN MYSELF:

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hierdie is deel 3 van 3 in die reeks “Die getuienis van ‘n ex-charismaat”. Wat is die groot verskil tussen die Charismatiese leer en die Gereformeerde leer, wat uiteindelik tot Jaco de Beer se bekering gelei het? In hierdie episode is daar ook ‘n boodskap wat hy as ex-charismaat rig aan Charismatiese luisteraars

One Comment

  1. Francois Naudé Francois Naudé

    Goei dag.
    Dit is baie duidelik dat Jaco de Beer geen ontmoeting met Jesus gehad het in sy vroeëre soeke na ‘n God nie. Hy (nie die kerk nie) het begin leef vir visioene en profesieë en nooit gegroei nie. Hy wou gedien word en bevredig word, ipv om te leer om Jesus te dien (werkwoord).
    Die Woord sê in Handelinge 2:17-21 duidelik; “Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke. Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom. So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”
    EK HAAL SKRIF AAN (Interessant hoe Jaco nie ‘n enkele keer die Skrifte aangehaal het in sy getuienis nie.)
    Ook interessant hoe hy fokus op die woorde “Charismaties” teenoor “Gereformeerd”, terwyl “Pinkster” heeltemal geignoreer word.
    “Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie.” Hierdie woorde van Jesus kry ons in Matt 12:31 nadat die Skrifgeleerdes beweer het dat Beëlsebul (die duiwel self) die bonatuurlike werke verrig het soos om duiwels te besweer. Jesus sê dat wonders en tekens deur die HG verrig word, net soos dit vandag nog gebeur wanneer die HG die gawes gee (I Kor 12) tot stigting van die geloof, aangesien sommiges net deur tekens bereik kan word (Thomas).
    Hierdie man (Jaco) maak dus lasterlike bewerings, heel moontlik (hoop ek) uit onkunde en geestelike armoede. So jammer dat die reaksie wanneer die geesteswêreld ter sprake kom in 2000 jaar nog niks verander het nie (die duiwel word mag en krediet gegee).
    Die laaste greep klink soos iemand wat wel (uiteindelik) dalk ‘n ontmoeting met Jesus kon hê, ongelukkig is sy alternatief die kerk van menseregte en beslis nie die kerk wat die Skrif volg nie (besprinkel of salf onbekeerde babas, terwyl Jesus self gesê het dat DISSIPELS gedoop moet word (Matt 28) om maar ‘n enkele te noem), maar uiters tradisie gefokus is.
    My hoop is dat Jaco in sy teologiese studies wel die lig sal sien, hoewel ek nie asem sal ophou dat hy die waarheid daarin sal vind nie (het al bevryding op te veel dominees gedoen). Net Jesus kan die “logos” woord vir ons oopbreek en “rhema” maak.
    Jammer as ek aanvallig voorkom, maar ek raak taamlik warm onder die kraag wanneer die duiwel (soms onskuldige) mense gebruik om sy satanswerk te verrig om Jesus se kerk te verwoes; “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes” (Joh 10), “Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë” (I Pet 5).
    NS: Daar is wel mense (nie die kerk nie) wat soos hyself vasgevang word deur wonders en tekens en dit aankleef sonder om te groei, en dan die kerk as die probleem wil voorlê.
    Mag hy en julle die lig sien.
    Liefdevolle Christusgroete,
    Francois Naudé.

Leave a Reply to Francois NaudéCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.