Press "Enter" to skip to content

Kerkmusiek en Himnologie

In hierdie episode gesels ons met ‘n kundige in himnologie, Braam van Tonder.

Daar is ‘n groot leemte in ons kerke oor himnologie – Braam verduidelik in hierdie episode vir ons waarom dit so belangrik is.

Hy vertel ons meer oor die ontwikkeling van kerkmusiek. Hoe dit plaasgevind het in die Ou Testament, Nuwe Testament, tydens die Reformasie tot waar ons vandag is.

Hoe ondersteun liturgie en musiek mekaar? En, wat is die verband tussen ‘n mens se sang en leerstellings?

Hy verduidelik ook hoe verskillende melodieë en notasie sisteme ontwikkel het en hoe ons gekom het by die musiek wat ons tans in die kerk gebruik.

Laastens beantwoord hy ook vrae soos watter liedere geskik is vir die erediens, die estetiese aspekte daaromtrent en hoe aanbidding verskil tussen verskillende kulture.

Kontak gerus vir Braam: braamvantonder@ymail.com

MINUUTMERKERS:

01:00 Bekendstelling: Braam van Tonder

04:30 Wat is himnologie en waarom is dit belangrik?

08:30 Hoe het kerkmusiek ontstaan (Ou Testament)?

13:20 Israelitiese musikante

18:00 Heidenvolke se musiek

23:30 Is musiek nog so deel van ons kultuur en waar kom ons kerkmusiek vandaan?

35:30 Melodieë en notasie sisteme

57:00 Verskillende aspekte van ons berymde Psalms

1:06:08 Kerkmusiek in die Nuwe Testamentiese kerk met verskillende kulture

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.