Press "Enter" to skip to content

Wat is die Evangelie?

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Wat is die Evangelie? God se genade is versinnebeeld in die koms van Jesus Christus, Sy lewe op aarde, Sy sterwe vir ons sonde aan die kruis, Sy opstanding uit die dood, en Sy opvaar na God die Vader waar Hy vir ons intree, en heellaas ook die uitstorting van Sy Gees aan elkeen wat Hom aanneem. Dit alles om ons te versoen met Homself – ons Skepper, Redder en Hemelse Vader. God is liefde en in Sy groot genade het Hy homself verlaag om in die gestalte van Christus te kom om ons vry te maak van sonde, sodat ons in Sy heilige teenwoordigheid mag leef vir ewig. En dit is die grootste, vasste waarheid van alle tye, asook elke mens se dringendste en grootste behoefte.

02:50 Wat is die evangelie? (1 Kor 15, Gal 1:8-9)
12:22 Die slegte nuus – sondeval. (Genesis, Ef 2)
19:09 Ons kan onsself nie red nie.
28:12 Wat is die barmhartigheid van God? (Rom 3:21)
37:20 Hoe word ek regverdig voor God?
39:19 Wat is die rede waarom God my uit die dood opgewek het? (2 Kor 5:21)
45:35 Jesus se kruisiging het versoening tussen mens en God gebring.
48:04 Geloof (gawe van God) is die kanaal waardeur ons gered word.
48:59 Opdrag: glo die goeie nuus dat Jesus jou sonde op die kruis betaal het.
51:40 Waarvoor het God ons kom red? (Rom 6)
56:00 Wat is die implikasies van die evangelie?
59:49 Hoe lyk die dankbaarheidslewe van die gelowige? (1 Kor 2)

“As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!” (Gal 1:9)

Aanbieders: Jaco de Beer, Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.