Press "Enter" to skip to content

Scriptura

7 Kenmerke van iemand wat vir die Here lief is

Op hierdie episode lys ek sewe Bybelse kenmerke van iemand wat vir die Here lief is.
Iemand het die Here lief, wanneer hy begeer om in die weg van die uitverkorenes te wandel. So ‘n persoon vertoon op die ou end gewoonlik hierdie 7 kenmerke:
1.  Hy het Christus lief en glo dat Jesus waarlik God is en mens geword  het.
2.  Hy hou die Here se wette en het berou en bekering teen sy eie  swakhede
3.  Hy het sy naaste daadwerklik lief
4.  Hy vier die sakrament van die Nagmaal
5.  Hy is ‘n meelewende lidmaat van ‘n plaaslike kerk
6.  Hy het die Waarheid lief
7.  Hy span sy hele wese in om die Here lief te hê

Wie is my naaste?

‘n Vraag wat soms te min aandag verdien is: “wie is my naaste nou eintlik?” Ek moet immers, as Christen my naaste liefhê! In hierdie episode kyk ons na Lukas 10 vir drie belangrike rigtingwysers om hierdie vraag te beantwoord:

(1) Luk. 10:29| Maar hy wou homself regverdig
(2) Luk. 10:36| Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?
(3) Luk. 10:37| En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

Wie is my naaste? Ons moet eerder vra: vir wie is ek ‘n naaste?

Hebrew Roots

(1) Kenmerke van die Messiaanse Jode (Hebrew Roots) – hoe ken ek iemand uit wat deur die beweging beïnvloed is?
(2) Wat is die ideologie – wat glo hulle? Wat is die kern waaroor HR gaan?
(3) Die Bybel en die HR beweging
(4) Hoe benader ons iemand in die HR beweging? Hoe reageer ons en hoe help ons hulle?