Luisteraarsvraag: Lewende testamente en mediese bystand by terminaal siek mense
Wat gebeur met ons op daardie oomblik wanneer ons nie meer vir onsself kan besluit oor mediese sorg nie? Hoe moet christene oor genadedood dink, en is dit tot eer van God, en die mens wat Hy na sy beeld geskape het? Mag ons besluit oor lewe en dood? Is ons in staat om die gevolge van die genadedood te verwerk? Is ‘n lewende wil ‘n goeie idee? Hoe moet dit opgestel word? Wanneer staak mens mediese ingryping by ‘n sterwende? Wat is die verskil tussen genadedood en “laat my sterf” versoek?
02:20 Wat is die wêreld se beginsels oor sterf en leef?
06:30 Genadedood versus aborsie
09:00 Bybelse en gereformeerde beginsels van sterfte en lyding
16:00 Is daar ‘n doel met ons lyding?
28:00 Wat is die werk van ‘n dokter in die oë van die Here?
28:50 Lewende wil
37:15 Staking van mediese ingryping by sterwende
42:50 Deernis vir die medici en besluitnemers






Goeiedag
Baie dankie vir die insiggewende episode oor "Lewende Testamente.
Dit het goeie perspektief gegee oor 'n baie moeilike aangeleentheid. Net miskien nog 'n opmerking. My siening mbt tegnologie en die aanwending daarvan om die lewe te verleng, is dat die tegnologie wat deur God geskep en beskik is, deur Hom beheer word. Dis onder sy hand. Nou die vraag: Kan 'n mens buite God se wil sy lewe verleng sonder die wil van God? Of anders gestel: God bepaal die tyd/uur van 'n mens se sterfdag, ongeag die tegnologie. Dis klaar bepaal. Ek is nie bang om te sterf nie, maar ek wil erkenning verleen aan God wat alles bepaal - ook die sterfdag.