Luisteraarsvraag: Christus se teenwoordigheid in die elemente van die Nagmaal
Is die nagmaal net ‘n simbool, of is die brood en die wyn heilige tekens? Hoe moet ons die teenwoordigheid van Christus in die nagmaal verstaan? Christus het fisies aan die kruis ge
sterf, en weer fisies opgestaan uit die dood, en ook fisies opgevaar na die hemel. Is Hy dan fisies of net geestelik teenwoordig in die elemente van die nagmaal? Staan die nagmaal elemente en Christus apart van mekaar? Wat beteken dit om Coram duo te leef? Is dit net Jesus wat teenwoordig is by die nagmaal, of ook God en die Heilige Gees?
Minuutmerkers:
01:40 Luisteraarsvraag: Is Christus teenwoordig in die nagmaal?
06:14 Mattheus 26:26 en 28
11:18 Lukas 22:19-20
14:00 1 Korintiërs 10:16-17
16:23 1 Korintiërs 11:20-27
18:10 Johannes 6:35, 53-58
20:15 Johannes 14:16-20
25:57 Samevatting van Gereformeerde oortuiging
Aanbieders: Jaco de Beer en Gerhard van Rhyn




