Apologetiek - Alledaagse Apologetiek
Scriptura gesels oor praktiese voorbeelde waarin ons alledaagse gesprekke apologeties kan benader. Ons moet moeite maak om mense in liefde te antwoord met die hoop wat in ons is. Maar wat is ons motivering, vertrekpunte en voorveronderstelling? Ons het die antwoord tot redding, asook die waarheid oor wie God is, wat waarheid is en wat in die Bybel staan. Ons kennis van God bestry elke valse idee wat ooit mag bestaan. Ons kan die liefde van God aanbied met groot sekerheid, en die waarheid van die bybel in liefde voorhou, soos God dit deur sy Gees en in sy Woord aan ons openbaar.
Minuutmerkers:
00:00 Apologetiek in die alledaagse lewe
03:25 Skriflesing
10:10 Motivering, vertrekpunt en voorveronderstelling
17:30 Relativisme
27:12 Sciëntisme
34:05 Subjektivisme
39:50 Moralisme
43:30 Sinkritisme
50:00 Praktiese wenke
55:15 Wêreldbeskouiing
Skrifverwysings:
1 Pet 3:15-16, Kol 2:8, Kol 4:5, Ef 4:15, 2 Kor 10:3-5




