Apologetiek - Gereformeerde Apologetiek
Waar kom gereformeerde apologetiek vandaan, en waarin kan ons die absolute waarheid vind? Wat is die christen se standaard vertrekpunt in enige redenasie oor die bestaan van God, en wat waarheid is?
Minuutmerkers:
03:00 Historiese aanloop, ontwikkelling en metodes
09:24 Die verligtingtydperk - outonomiteit
15:40 Die anti-tese
16:52 Voorveronderstellings apologetiek
26:00 20ste Eeu apologete
29:15 Die christen se standard vertrekpunt
41:07 Relativisme








Die Verligting en die Reformasie het saamgeval. Die Reformasie was Verligting en andersom.
Die poging om die mens se natuurlike denke te verhef tot ‘n realistiese standpunt ,is noodsaaklik om ‘n idee te kry van die mens as ‘n goeie skepping en so dualisme of gnostisisme teë te werk . Dit word deesdae alhoemeer noodsaaklik. Pous Benedict XVI het gesê: “ Dit is in ons tyd nie die geloof wat aangeval word nie, maar eerder Rede. Ons lewe in ‘n krisis van Rede “
Onredelikheid is ‘n versoeking. Dit is so te sê die maklike uitweg. Hoekom moet ek dit doen? Die Bybel sê so, of nog erger kunsmatige intelligensie sê so.