Hierdie is die eerste episode van die nuutste toevoeging tot Radio Scriptura: Perspektief.
In hierdie eerste episode bespreek ons New York se aborsie-wetgewing, die Bosasa-skandaal en beantwoord ook ‘n luisteraars-vraag: “Moet ek stem?”.
Category: Lering
(Grieks: didaskalia). Dit verwys breedweg na lering en instruksie, oftewel dogma. Artikels, blogs en podsendings wat te make het met leerstellings in die Bybel, sal jy hoofsaaklik onder hierdie kategorie vind.
Hierdie is die tweede episode in ons reeks oor die huwelik en gaan oor die rol van die man.
Wat is Bybelse hoofskap? Beteken dit die man is sy vrou se “baas”?
In hierdie episode gesels die hele Scriptura span saam oor die Here se ontwerp van die huwelik – met ‘n spesifieke fokus op die rol van die man.
Hierdie is die eerste episode van Radio Scriptura se reeks oor die huwelik.
Daar word onder andere gekyk na die instelling van die huwelik deur God, sy doel daarmee, en Satan se aanslag daarop.
Paulus beaam emfaties: Julle het nie Christus leer ken, die vreugde van verlossing gesmaak, gesien hoe kragtig Hy bekering bewerk in die harte van mense …
net sodat julle kan bly voortleef soos stomme heidene nie….
Dit wat met jou liggaam gebeur nadat jy gesterf het beteken NIE niks NIE. Inteendeel, dit dien as jou laaste belydenis! Gesprek oor verassing vanuit ‘n Christelike / Bybelse perspektief.
Die gawes van die Heilige Gees is ‘n direkte gevolg van Christus se oorwinning aan die kruis!
In hierdie episode gesels Marnix, Gerhard en Jaco oor die Gawes van die Heilige Gees. Ons kyk onder andere na wat die gawes presies is, wat dit nie is nie, watter gawes wedergebore Christene ontvang, en laastens hoe ons, ons gawes kan aanwend tot eer van God en tot opbou van die gemeente.
1 Johannes 5:16 wek by ons baie vrae, maar veral een: wat is die sonde tot die dood?
“As iemand sy broeder ’n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ’n sonde tot die dood doen nie. Daar is ’n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.”
Die Sondag is God se verbondsteken, wat die gelowiges as ‘n feesdag onderhou, deur saam te rus in die verlossingswerk van Christus.







