Site icon Scriptura

Wat sê die Vers? 1 Thes 5:21

Wat is die tema en konteks van die boek 1 Thessalonisense? Wat staan in die gedeelte voor die teksvers? Gaan die vers oor die toets van lekker dinge en versoekings van die lewe, of oor die meet van die geestelike gawes van christene aan die Woord van God? Leer die Bybel ons om die versoekings van hierdie lewe uit te toets, of om pro-aktief sonde teen te staan?

Daar bestaan twee strome van dwaling oor die 1 Thessalonisense 5:21. Een is om die ervarings en versoekings van die aardse bestaan uit te toets vir menslike genot, en die ander dwaling is oor die gawes van die Heilige Gees.

Die woord was nog in verbale vorm oorgelewer en oorvertel aan die heidene in daardie tyd en konteks, en Paulus het mense vermaan om hul lewe en hul gawes aan die Woord van God te meet. Die toets en beproef van vleeslike genot is geensins die bedoeling van die teks nie, maar om sonde teen te staan, is wel.

01:30 Wat is die algemene misbruike en dwalings?
03:35 Griekse betekenis van woord beproef
08:20 Konteks – Paulus se opdragte oor gawes
13:30 Eksegese – lees die woord in konteks
18:00 Profetiese gawes – meet hulle aan die Woord
20:00 Hoe toets ons gawes aan die waarheid?
23:15 Hoe wys die teks ons na Christus?

Skrifverwysings:
1 Thes 5, Rom 12, Ef 5, Joh 17:17

Aanbieders: Jaco de Beer en Jonker Venter

Exit mobile version