Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? Hoekom het hierdie belydenisskrif tot stand gekom? Watter dwaalleer is deur dit aangespreek en verwerp? Hoe het dit tot kerkhervorming bygedra, en het ons dit vandag nog nodig? Is dit gebasseer op die Woord van God?
Ons glo in een God, die Almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge;
en in een Here Jesus Christus, sy eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore:
Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het.
Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword, hy het mens geword;
onder Pontius Pilatus is Hy gekruisig;
Hy het gely en is begrawe.
Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan, en Hy het na die hemel opgevaar.
Hy sit aan die regterhand van die Vader, en Hy sal met heerlikheid terugkom om die lewendes en die dooies te oordeel.
Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.
Ons glo in die Heilige Gees wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek.
Ek glo aan een heilige, algemene en apostoliese kerk.
Ons bely een doop tot vergifnis van die sondes.
Ons verwag die opstanding van die dooies en die lewe van die toekomstige bedeling.
Amen
02:43 Ekumeniese belydenis van Nicea
05:00 Waar kom die belydenis van Nicea vandaan?
08:00 Dwaalleer oor God, Jesus en die Heilige Gees
15:30 Plek van Nicea oor drie-enige God, Seun en Gees
18:22 Die reformasie en die leer van saligheid
22:00 Nicea konfronteer dwalings van ons tyd
27:00 Dwalings – ariusties, modalisties, charismaties en historiese arrogansie
Skrifverwysings: Luk 1:33, NGB Art 9, Rom 10:9-10
Aanbieders: Gerhard van Rhyn en Jaco de Beer

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

One Comment
2 Pet 2:20 “Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
21 Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
22 Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol”
__________
Die geloof soos in die belydenis van Nicea omskryf is, kan die Algemene Christelike Kerk in die Waarheid hou, sou ons geen ander menslike verwronge interpretasie byvoeg soos die RKK gedoen het en nogsteeds doen.
Sou somige onder hulle weer op die eenvoud van die Skrif alleen gewys word, kan die Skriftuurlike Reformasie bevorder en behou word, ter wille van die Evangelie en siele vir Jesus gewen word.
Tot vandag is die dwaling onder die RKK in n sekere sin beperk tot wat die konsilie van Trent geleer het, omdat hulle denkwyse aangaande die Kerk en die Skrif daarvolgens gereguleer was/is. (Status quo). Maar dit kom voor asof die Waarheid in die Rooms Katolieke Kerk vandag bevestig word omdat hulle meer moeite doen om die LEUNS wat hulle verkondig met n skyn van Waarheid te verberg, omdat hulle hoop dat hulle sonde en bedrog nie ten bloot gestel sou word nie. Hulle belydenis en katgesasie het in beginsel nie verander nie, al kom dit so voor.
Wat in dwalende Gereformeerde Kerke aanvaar word is n meer uitgebreide verdraaing omdat daar meer kennis van die Here se wet, die Evangelie, die Sakramente, is. Dit is waar en goed om te sê dat die Gereformeerde Kerk wat afdwaal slegter daarvan af is as die RKK omdat dwaling meer uitgebry is!
Baie noem die kennis van die praktyke in die Kerk n nalating of oorlewering van die vroeër geslagte of van die Reformasie self “die Gereformeerde tradiesie”, maar n blote tradiesie kan dit tog nie wees nie want wat ons uit die Bybel leer is kennis van die Lewendige, ewige God, wie in Christus sy Kerk leer, behou en bewaar, in liefde vir Hom en die Waarheid van ons Here. 1 Tim 3:15 “Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, ‘n pilaar en grondslag van die waarheid”
Dank die Here vir die absolute Waarheid van sy Woord en dat Hy hierdie Woord weer in die Kerk bevestig en her-bevestig word. Sy genade is nuut elke dag. Amen