In die derde episode van die reeks gesels Scriptura oor vrae 6 tot 8, wat handel oor geslagtelikheid, transgenderteorieë, en God se skeppingsorde. Hoekom moet ons God se plan en doel met die twee geslagte vertrou? Het God enige foute gemaak met die skepping van ‘n persoon se geslag, en wat het na die sondeval verkeerd geloop? Kan dit wees dat iemand in die verkeerde lyf gebore is? Wat is die gnostiese en mistieke idees oor geslagtelikheid? Is liggaam en gees veronderstel om geintegreerd te wees? Kan identiteit in geslag en geslagtelikheid gevind word?
00:00 Skepping Deel 2 – geslagsideologie en verwarring
03:12 Vraag 6: Is daar ‘n onderskeid tussen geslag en geslaftelikheid?
05:00 Wie bepaal ons geslag oorspronklik?
10:00 Ou sonde van Adam en Eva – die stryd van outonomie
13:30 Vraag 8: Is daar uitsonderings in manlike en vroulike geslagte?
17:25 Rol van die wetenskap
23:19 Vraag 9: Laat God ons toe om ons geslag te verander?
27:00 Wêreldse indoktrinasie van jong kinders
Skrifverwysings: Ps 8:3-9, Gen 1:27, Kol 3:5, Matt 5:17, 2 Kor 10:5, 1 Kor 6:11
Boek voorstelling: The rise and triumph of the modern self, by Carl Trueman
Skakel: https://www.goodneighbours.org.za/shop/doctrine-and-theology/doctrine-and-theology-apologetics/doctrine-and-theology-apologetics-worldview/rise-and-triumph-of-the-modern-self/
Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer en Gerhard van Rhyn

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
Be First to Comment