Site icon Scriptura

Perspektief: Junie 2023

Hoe is gelowiges betrokke in die samelewing? Hoe leef ons as christene in die kultuur, en moet ons kulturele verandering probeer bewerk? Kan ons konsekwent wees met boikot aksies? Wat is ons blootstelling aan heidense denke, media en vermaak – en wat is die vrug daarvan? Wat is die bybelse maatstaf vir die christen leefstyl en die huwelik? Hoe kan ons verantwoordelike rentmeesters wees? In Perspektief – Junie 2023, kyk Scriptura na drie sake in die nuus, naamlik die boikot aksie teen Woolworths oor LGBTQ produkte, die “real housewives” van die wynlande televisie-reeks , en die regering se skikking met Solidariteit oor rasooreenkoms vir regstellende aksie in Suid-Afrika.

01:33 Woolworths LGBTQ klere boikot
17:58 Die “real housewives” van die wynlande
27:48 Regering skik met Solidariteit oor rasooreenkoms vir regstellende aksie

Skrifverwysings:
Rom 14:22, Matt 10:16, Ef 3:10, Fil 4, Luk 18:9-14, Rom 12:1,2, 1 Joh. 2:161 Joh 2:16, Ps 115:8, 1 Sam 14, Ps 146:3, 1 Pet 3:15-17.

Aanbieders:
Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn, Nikolaas Pienaar


Exit mobile version