Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Januarie 2022

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

In die eerste perspektief episode van 2022, gesels die Scriptura span oor drie nuusgebeure van die afgelope maand naamlik die onderhoud van Babylon Bee met Elon Musk, ‘n vark se hart wat oorgeplant is in ‘n mens, en die normalisering van pedofilie.

Die christelike satiriese webtuiste, Babylon Bee, se onderhoud met die stigter van Tesla en SpaceX, Elon Musk, het baie teleurgestel weens ligsinnigheid oor bekering en die doop. Hulle het gruwelik nagelaat om die ware evangelie van God se groot genade, Sy vergifnis en Jesus se reddingsdaad aan die kruis met Musk te deel. Ons sien dus ‘n duidelike liefdeloosheid van christene wat nie die boodskap van verlossing met ongelowiges deel nie. Die onderhoud weerspieël ook ‘n wanbegrip van die heiligheid van God.

Dan gesels die span oor die oorplanting van ‘n varkhart in ‘n persoon wat nie eens gekwalifiseer het om ‘n nuwe hart te ontvang nie, en ons kyk na die onetiese beginsels van die oorplanting van diere-organe in mense. Dit onthul weereens die mens se geweldige vrees vir die dood, asook ‘n strewe na onafhanklikheid van God. Allerlei mediese prosedures word ingespan om die mens se lewensduur te verleng. Dit is die ondermyning van God se skeppingsplan en -doel, en dit ontken God se soewereiniteit. Dit open ook deure na baie ander booshede om die mens sy selfvernietegende sin te gee.

Die normalisering en goedpraat van pedofilie is laastens aan die beurt, en dit is vanselfsprekend ‘n afgryslike en baie ernstige draai na kindermisbruik en boosheid. Daar is geen goed wat daaruit kan kom nie, en dit druis in teen alles wat die woord van God leer oor sonde, seksualiteit, die huwelik, die versorging en die beskerming van kinders. Daar word gepoog om pedofilie aanvaarbaar te maak, sodat mense hulself in daardie sonde kan verlustig wat al soveel miljoene mense en kinders se lewens vernietig het, en nog gaan vernietig.

00:00 Perspektief – Januarie 2022
00:44 Onderhoud van Babylon Bee met Elon Musk
08:07 Verspilde kans om die evangelie te deel
13:30 Paulus het sy kanse gebruik om te getuig
17:00 Ligdraers in die wêreld
18:20 Swak begrip van heiligheid van God – antinomianisme
20:15 Varkhart oorplanting
22:45 Genetiese manipulasie – waar trek ons nou die lyn?
27:00 Gesonde teologie oor die dood
28:40 Christene maak keuses om God te verheerlik
31:09 Normalisering en goedpraat van pedofilie
34:00 Deel van seksuele revolusie
35:15 Nuwe woorde om ou sonde te verdoesel
37:00 Wêreldbeeld bepaal jou denke oor God en mens
40:00 Pedofilie is nie nuut nie – Romeine 1
42:00 Humanisties teenoor christelik

Aanbieders: Jan-Louis Lee, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn


2 Comments

  1. Wilna Swanepoel Wilna Swanepoel

    Baie dankie vir die gesprek manne, die Elon Musk onderhoud met Babylon Bee is baie ontstellend en hartseer. My bebed is dat die Heilige Gees in sy hart sal werk sodat sy soeke na die Waarheid bevredig sal word.
    Vriendelike groete,
    Wilna Swanepoel

    • Hallo Wilna,

      Dit is vir ons ‘n groot plesier!

      Ja, die onderhoud van BB is regtig ontstellend. ‘n Mens kan sien Elon het soveel vrae en daar was ‘n goue geleentheid om die Evangelie aan Hom te bring.

      Groete daar

Leave a Reply to Wilna SwanepoelCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.