Press "Enter" to skip to content

Et Cetera – September 2021 Week 1

Petisie aan die Owerheid teen verpligte inentings

In 1883 se Maandbode verskyn hierdie onderstaande petisie aan die Parlement. Die petisie versoek die Owerheid om nie inententings teen pokke op landsburgers af te forseer nie. Dit is opgestel deur prof. D. Postma, ds. MPA Coetsee jr. & prof. M. Postma en ook onderskryf deur die Afrikaner Bond. 

Die “Maandbode”, is vanaf 1873 tot 1894 gepubliseer en die Gereformeerde Kerk was ook by die blad betrokke. Die Maandbode was die voorloper van Die Kerkblad, ‘n tydskrif van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika.

Die petisie vra onder andere:

“…dat, indien die Owerheid die Inenting as ‘n goeie middel teen die pokke ag, die middel sterk aanbeveel en kosteloos laat toedien aan die wat dit verlang. Watter maatreël ookal, in sulke gevalle, beter sal werk as dwang”

pt. 4 van die onderstaande petisie, vrylik vertaal uit die oorspronklike Nederlands

Epidemioloog sê natuurlike immuniteit teen COVID-19 bied baie meer beskerming as die inenting

In ‘n onlangs-gepubliseerde mediese studie, kom wetenskaplikes tot die volgende bevinding:

“This study demonstrated that natural immunity confers longer lasting and stronger protection against infection, symptomatic disease and hospitalization caused by the Delta variant of SARS-CoV-2, compared to the BNT162b2 two-dose vaccine-induced immunity. Individuals who were both previously infected with SARS-CoV-2 and given a single dose of the vaccine gained additional protection against the Delta variant.”

Epidemioloog en Harvard Prof. Martin Kuldorff beaam dit en sê o.a. op Twitter “…so vaccine mandates are not only scientific nonsense, they are also discriminatory and unethical”:

Lees hier meer.


Verbondsouers, skole en onderrig

Die Korona-tyd het ons heelwat goeie dinge geleer. So iets goed was bv. die feit dat ouers moes besin oor die onderrig van hulle kinders, omdat skole vir lang tydperke gesluit het. Dit het ons opnuut aan die dink gesit oor wat belangrik is met betrekking tot ons kinders se onderrig. Christen-ouers moet en wil hulle kinders so grootmaak, dat hulle die Here sal liefhê en volg – maar hoe doen ons dit, in ‘n tyd waar die Christelike wêreldbeeld skaars in skole te vind is?

“Dit behoort daarom duidelik te wees dat dit nie bloot genoeg is om een maal ‘n dag ‘n stukkie (meestal net ‘n versie of twee) te lees en dan te bid nie, soos wat by baie sogenaamde Christelike skole die geval is nie. Nog minder is sogenaamde Christelike waardes op hul eie voldoende, want baie van hierdie waardes, bv eerlikheid en omgee vir ander, sien ons in die meeste gelowe. Nee, die Here se betrokkenheid in alle vakke, van die tale (want dit is Hy wat tale gegee het, sien Gen. 11), deur sosiale wetenskappe (want die Here gee verskillende volke en nasies, Ps. 2, en Hy het die heelal geskep, sien Ps. 8) tot die bestuurwetenskappe (want die Here het ‘n sê oor hoe ons besigheid doen, sien bv Spr. 20:23 en Ef 6:5-9) moet geleer word. Ons taak is om dit vir ons kinders te leer, sodat hulle as hulle eendag volwasse is, die Here se heerskappy in al die fasette van hulle lewe kan raaksien en dienooreenkomstig kan lewe.”

Gereformeerde Onderwys – Hoekom?

Lees hier verder oor Gereformeerde onderrig.


Wanneer (en hoe) kan ek Bybeltekste toepas op ‘n situasie?


Baie Christene dink, wanneer ‘n sin of twee gestaaf word met ‘n teksvers, het hulle ‘n goeie Bybelse argument gevoer. Teksverse word oraloor aangehaal en gebruik en op die oog af lyk alles Bybels en Christelik, want daar is immers teksverse betrokke. Mense trek hier ‘n vers, daar ‘n Facebook-“comment” en dan nog ‘n vinnige “Google-search” en siedaar, jy het jou goed-begronde Bybelse argument! Hierdie tipe gefragmenteerde manier van werk met die Skrif is baie skadelik en veroorsaak o.a. polarisasie tussen Christene.

Voor jy die Skrif mag toepas op ‘n situasie, móét jy eers ‘n verantwoordelike hermeneutiek toepas. Dit beteken, jy moet ten minste drie stappe deeglik oorweeg, voordat jy ‘n teks gebruik om ‘n argument te staaf of ‘n praktiese toepassing te maak:

  1. Wat is die konteks van die teksvers?
  2. Waar pas die vers in die hele Bybel in en hoe is dit in Christus vervul?
  3. Hoe kan ek nou met nr. 1 & 2 in ag geneem, die vers/e goed en reg toepas in my konteks?

Jy kan hier verder lees.


Die vergeldingsbeginsel: ons word wat ons aanbid


One Comment

Leave a Reply to Et Cetera – September 2021 Week 3 | SCRIPTURACancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.