Site icon Scriptura

Luisteraarsvraag: Hoe om ouers te motiveer tot verbondsonderrig?

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Die kategeet se vraag is baie belangrik en die Woord van God is duidelik daaroor dat elke gelowige ouer die Bybel vir hul kinders moet lees, christelike beginsels en lewensstyl moet modelleer en leef, sowel as verbondsonderrig moet doen in sy/haar huis as primêre kategeet en opvoeder. Dit is veronderstel om bo en behalwe kerkbywoning, formele kategese en ander woordbediening te geskied. Wat is dus ons opdrag van God?

02:02 Kategeet se vraag: Hoe kan ek ouers motiveer om die Bybel vir hul kinders te lees?

02:58 Wat is ons opdrag van God?
Basisopdrag vir kategese: Deuteronomium 6:4-7
a) Woord moet in jou hart wees
b) jy moet die Woord by jou kinders inskerp
c) en ouers moet daaroor praat in die huis, en op pad, en as jy gaan lê, en as jy opstaan

03:55 2 Timoteus 3:14-17 …..Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

05:53 Paulus gee vir Timoteus 2 voorskrifte vir moeilike tye:
a) die voorbeeld wat hy van ander gelowiges (sy ouers en voorouers) geleer het
b) die heilige geskrifte

08:00 Die ouer bly die primêre kategeet

09:20 Uitdagings vir die gesin:
a) Eise en die gejaag van die lewe
b) Eise van ons loopbane
c) Opofferings
d) Prioriteite

11:55 Waarvoor lewe ons, wat is ons fokus?

12:26 Wat wil ek vir my kinders gee?

13:55 Wees getrou om jou kinders in die woord van God te onderrig

15:18 Kategese gebeur ook in informele situasies
a) wys vir jou kinders dat jy self die Here lief het en volg
b) die seën wat ons ontvang as ons ons kinders in die verbond onderrig
c) soek die Here in alles wat jy doen

17:15 Wat is die beste vir my kind?

18:52 Wat is die gesindheid van jou hart?

20:30 Lewensstyl en prioriteite – glo jy self regtig in die Here?

22:03 Hoe kan ek ouers motiveer om kategese belangrik te ag?
a) besef dat jy jou kind leer om ‘n navolger van iets te word
b) kweek die navolgingskap van Christus

Skrifgedeeltes: Deut 6:4-7, 2 Tim 3:14-17, 2 Tim 1:3-5, Mat 6:33, Kol 3, Deut 18:10
Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn

Exit mobile version