Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Januarie 2021 – Eredienste en huidige regulasies van die regering

Lys van skakels na behulpsame dokumente m.b.t. besluitneming rondom eredienste in die grendeltyd.

One Comment

  1. Koos Venter Koos Venter

    Goeie naand, dankie vir hierdie gesprek. Ek het reeds in 2020 met die eerste rondte van verbod op vergaderings van geloofsorganisasies, die volgende geskryf:

    “Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand….” Psalm 31:15,16)

    Ook 2020 (en verder) is ‘n tyd in U hand – verootmoediging, besinning en reformasie:

    Ons is binne die stryd teen die belewing van die “Covid-19 Virus” en binnekort beleef ons ook moontlik die piek van besmetting en alles wat daarmee saamgaan. En dit gaan nog lank met ons wees.
    Dit gaan tans gepaard met allerlei wêreldse regulasies en nuwe wêreldse werklikhede.

    Dit blyk weer ‘n tyd en geleentheid te wees vir kerklike reformasie.

    ‘n Tyd om kerk te “herdink” (te “re-imagine”)
    ‘n Terugkeer na God en Sy geopenbaarde Woord.
    ‘n Eietydse bediening van Christus, Sy Woord en alles wat daarmee saamgaan, binne die middele en geleenthede wat ons het en ook innoverend en kreatief kan skep.
    ‘n Kerk wat meer is as net ‘n kerkgebou.
    ‘n Kerk wat meer is as bloot lidmaatskap en kerklike bydrae (of ‘n sitplek op ‘n Sondag).
    ‘n Kerk wat aktief elke dag elke oomblik funksioneer volgens elkeen se geestelike gawes.
    ‘n Kerk wat die teenwoordigheid en heerskappy van God sigbaar maak.
    ‘n Kerk wat die onvoorwaardelike liefde van God aan die wêreld wys.
    ‘n Kerk wat waarlik dissipels van Christus is (dissipels wat dissipels maak)
    ‘n Kerk wat groei in geestelike volwassenheid (in elke opsig groei na Christus toe).
    ‘n Kerk wat uitreik, uitbrei en groei
    ‘n Kerk wat nie net na binne gerig is nie.
    ‘n Kerk wat lig en sout is – wat waarlik ‘n positiewe, opbouende en konstruktiewe verskil in die gemeenskap maak.
    ‘n Kerk wat waarlik die gemeenskap van gelowiges nastreef en uitleef in die ware- en breedste sin van die woord.
    ‘n Kerk wat God se Woord opreg, eerlik en onbeskaamd in Gees en in Waarheid verkondig – Sy genade en Sy regverdige oordeel.
    ‘n Kerk wat volgens die wese van Kerkwees funksioneer (en gedurig grondig reformeer) en nie vasgehou word of vasval in formalisme en tradisionalisme nie.
    ‘n Kerk wat elkeen van sy gebruike en gewoontes onderwerp aan God en Sy Woord en nie bloot maar vashou aan menslike instellings nie.
    ‘n Kerk wat God eerste en bo alles stel en nie ons self en ons denke, gerief en gewoontes nie.
    ‘n Kerk wat God in alles wil eer en verheerlik.
    ‘n Kerk wat haar waarlik laat lei en regeer deur die Drie-Enige-God – Vader, Seun en Gees!

    Mag ons opreg en nederig fyn luister wat God in die tyd en vir die tyd vir ons sê.
    Mag ons weer Kerkwees soos Hy dit wil!
    Mag hierdie ook deel van ons verootmoediging wees.
    Mag ons hiermee saam op weg wees!
    Mag ons ook ruimte vir mekaar gee om binne die wesentlike aspekte van Kerkwees een te wees maar in middelmatige sake te verskil. Eenheid is nie altyd eendersheid nie.

Leave a Reply to Koos VenterCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.