Press "Enter" to skip to content

Verlossing deur genade alleen: Onvoorwaardelike verkiesing

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

In hierdie episode bespreek ons die tweede beginsel in die TULIP-akroniem. U- Unconditional Election of Onvoorwaardelike verkiesing.

Ons sien in hierdie episode weer God se groot genade: Dat Hy ons voor die grondlegging van die aarde uitverkies het – ONVOORWAARDELIK!

MINUUTMERKERS:

04:20 Inleiding: Efesiërs 1

08:15 Wat is onvoorwaardelike verkiesing? Waarom het die Here my verlos?

10:30 Hoekom juis “onvoorwaardelik”?

24:25 Die groot troos

25:30 Hoekom sal ons dan steeds sending doen?

34:20 Hoe weet ek, ek is uitverkies?

42:15 Wat van my kinders?

3 Comments

  1. Bennie Bennie

    Baie dankie vir die bespreking rondom “Onvoorwaardelike Verkiesing”. Daar is verwys na die situasie mbt kindertjies of kinders wat gestrem is en wat van hulle word, sou hulle as baba’s sterf. Op grond van die genadeverbond waarin ons as ouers verkeer, kan ons dus met sekerheid en gemoedrus weet dat sulke kinders salig is, met die klem op die grondwaarheid dat hulle niks kan doen om hulle saligheid te verkry nie. Ek hoop ek druk nou my reg uit, maar dit het eintlik my laat besef dat sulke kinders ook onvoorwaardelik uitverkies is en dat hulle ‘toestand’ my daaraan herinner dat ook volwassenes eintlik ‘n soort van gebrekkigheid het en ook niks kan doen en geen bydrae kan maak om hulle gebrokenheid en die toestand waarin hulle verkeer voor God reg te maak nie. Ons is alleen op grond van God se soewereine wil uit genade en deur die soenverdienste van Jesus Christus uitverkies en geregverdig.

  2. neelsmalan neelsmalan

    Ek dink die uitdrukking ‘onvoorwaardelike verkiesing’ is vatbaar vir misverstand. God het die uitverkorenes nie onvoorwaardelik uitverkies nie, maar hulle IN CHRISTUS uitverkies.

    Efs 1:3  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, 
    Efs 1:4  soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, 
    Efs 1:5  deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, 
    Efs 1:6  tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. 

    Christus sou, en het, in die volheid van die tyd aan die voorwaarde van die verkiesing voldoen.

    God se verbond van liefde en genade, aan ons verseel met ons doop, is ewe min onvoorwaardelik. Alle verbonde het twee kante, sê die doopformulier. Christus het uit loutere genade, sonder enige verdienste aan ons kant, aan die voorwaarde van God se verbond voldoen. En Hy het dit namens ons, dws in ons plek, gedoen.

    Bumper stickers moet eerder lui: ‘God loves you, and you will love Him if you believe in his Son, Jesus Christ, his Son’.

    • Jaco De Beer Jaco De Beer

      Hallo Neels, dankie vir jou kommentaar. Die Bybel en ons belydenisskrifte is baie duidelik dat God ons uitverkies het uit genade alleen sonder enige bydra of iets waaraan ons moes voldoen “to make the cut.” Daarom praat ons van onvoorwaardelik uitverkiesing soos wat die Bybel dit openbaar. En ja, die uitverkiesing is in Christus want Hy alleen is waardig om die boekrol oop te maak – “die Lam geslag voor die grondlegging.” As die Bybel praat van die uitverkiesing in Christus beteken dit dat Jesus die een is wat die uitverkiesing kom voltrek het met Sy lewe van gehoorsaamheid en offer aan die kruis. Dus as ons praat van onvoorwaardelike uitverkiesing dan praat ons van ‘n getal mense wat die Vader by die naam ken en uitverkies het sonder enige iets waardig in hulle voor die skepping (in die ewige verlede). Maar dit bly onvoorwaardelik uitverkies in Christus. Die getal en name van die uitverkorenes is reeds aan Jesus gegee voor die skepping en Jesus het gekom om daai raadsplan te voltrek.

Leave a Reply to Jaco De BeerCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.