Press "Enter" to skip to content

Spreek lewe?!

Al ooit gehoor hoe iemand sê: “spreek net die goeie oor jou uit!” ? Al gehoor van iemand wat sê ons moet nie “dood” spreek nie, maar “lewe”? Ons dink en gesels saam hieroor, rondom die Skrif.

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

5 Comments

  1. Lydia Lydia

    Baie dankie, Marnix .
    So insiggewend en Skrifgetrou. Duidelik verduidelik in konteks van soveel Bybeltekste.
    My man is ‘n Baptiste predikant en ons bid om wysheid om mense wat eredienste bywoon, wat voorheen in charismatiese kerke en met Word of faith New Apostolic lëering geleer het. Hul benodig leiding….waarheid in liefde.
    My man het al gesprekke ivm die charismatiese verstaan van gawes van die Gees gehad met ‘n man
    Hy verkondig ook die Woord hoofstuk vir hoofstuk in konteks.
    Ons het memsticks gemaak vir almal wat die klein gemeente gereëld bywoon van John Mc Arthur, Justin Peters, Costi Hinn en andere wat waarsku teen Word of faith en Prosperity lëering
    Waardeer die insig ivm spreek lewe.
    Wil net ‘n regstelling maak dat die meerderheid Baptiste gemeentes wel Gereformeerde siening van Skrif het.
    Keneth Hagen het die Baptiste leer verlaat vir die Word of Faith beweging.
    Mag ons bid dat die Heer deur Sy Gees vir Sy verloste kinders sal vul en dat ons sal ket op ons leer en ons lewe.
    Nogmaals dankie

    • Hallo Lydia,

      Baie dankie vir jou kommentaar! Dit klink my julle het ‘n baie mooi bedieningsgeleentheid! Mag die Here julle werk onder die “ex-charismate” seën.

      Soek ook gerus op ons blad vir ons episode “getuienis van ‘n ex-charismaat”. So ook ons artikels en potgooi oor die “gawes van die Gees”, “spreek in tale” en veral ons reeks “hoekom is ek Gereformeerd?”

      Dankie dat jy ingeloer het,
      Groete

  2. gabriel smit gabriel smit

    laat mens ook dink aan die misbruik van die term ‘seën’. ons sien seën geredelik as die menslik gesproke ‘goeie’ aan waar seën eintlik dit is wat God verheerlik, al is dit soms vir die mens siekte, oorlog, dood, bankrotskap, droogte, vloed edm. Die mens se swaarkry in Christus is tot die heerlikheid van God en dus ‘n seën – buite Christus is beide jou ‘goeie’ en ‘slegte’ tye dieselfde… die ewige dood 🙌
    dis hier waar die aanwend van korrekte woorde en begrippe en die invloed wat dit het op ons verhouding met Christus en ons medemens weer duidelik na vore kom

    • Dankie Gabriël – jou opmerking laat my dink aan hierdie trooswoorde van die Heidelbergse Kategismus, Sondag 10:

      27 Vraag: Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God?

      Antwoord: Die almagtige en oralteenwoordige krag van God (a) waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsels asof met sy hand nog onderhou en so regeer (b) dat lower en gras, reën en droogte (c), vrugbare en onvrugbare jare, voedsel en drank, gesondheid en siekte (d), rykdom en armoede (e) en alles, ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand toekom (f).

      (a) Hand 17:25-28; Jer 23:23, 24; Jes 29:15, 16; Eseg 8:12. (b) Heb 1:3. (c) Jer 5:24; Hand 14:17. (d) Joh 9:3. (e) Spr 22:2. (f) Matt 10:29; Spr 16:33.

      28 Vraag: Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles geskep het en dit nog deur sy voorsienigheid onderhou?

      Antwoord: Dat ons in alle teëspoed geduldig (a) en in voorspoed dankbaar (b) kan wees. Verder dat ons ook vir die toekoms ‘n vaste vertroue in ons getroue God en Vader (c) kan stel dat geen skepsel ons van sy liefde sal skei nie (d), aangesien alle skepsels so in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie (e).

      (a) Rom 5:3; Jak 1:3; Ps 39:10; Job 1:21, 22. (b) 1 Tess 5:18; Deut 8:10. (c) Ps 55:23; Rom 5:4. (d) Rom 8:38, 39. (e) Job 1:12; 2:6; Spr 21:1; Hand 17:2.

  3. gabriel smit gabriel smit

    tannie jezebel meyer… hehehe

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.