Press "Enter" to skip to content

Verassing

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Dit wat met jou liggaam gebeur nadat jy gesterf het beteken NIE niks NIE. Inteendeel, dit dien as jou laaste belydenis!

In hierdie episode gesels Marnix met Jan-Louis en Jonker oor die praktyk van verassing (lykverbranding) vanuit ‘n Christelike perspektief.

02:30 Geskiedenis van verassing/ lykverbrandings-praktyke

In die Bybel (oordeel / vervloeking), Antieke samelewings en Hindoeisme

06:40 Lykverbranding in protes teen die Christendom

Eerste krematorium in Rusland. Direkte poging om die Christelike geloof te demp in Rusland.

Ontken die opstanding van die liggaam.

09:12 Verassing vs. Begrafnis: Maak dit regtig saak?

Wat met jou liggaam gebeur is jou laaste belydenis. Mense wil soms net so gou as moontlik ontslae raak van die oorskot.

10:35 Argumente ten gunste van verassing

Beperkte spasie: Wat as die regering verassing verpligtend maak weens beperkte spasie?

Gaan verassing jou skuldig maak voor God? Kan dit jou opstanding beinvloed?

13:43 Wat sê ons wanneer ons begrawe? Voorbeelde uit die Bybel.

Ou Testament: Abraham, Josef, Jesus, Paulus (1 Kor 15), Moses

Nuwe Testament: Ananias en Saffira. Jesus se leë graf.

20:00 Die troos van begrafnis

Die liggaam word geplant soos ‘n koringkorrel, maar sal weer opstaan, soos die koringaar wat opkom.

22:00 Is verassing ‘n morele oortreding teen God se wet?

Wat van die gelowiges wat bv. op brandstapels gebrand is?

23:08 Ons laaste belydenis

Ons behoort in liggaam en siel in lewe en in sterwe aan Christus.

Begrafnis is verkondiging van die Evangelie – dit gaan oor God.

26:15 Kan verassing my opstanding verhoed?

Ons opstanding is geleë in Christus se verlossingswerk!

 

6 Comments

  1. Johnelle Johnelle

    Hierdie aanbiefinge van jul is ongelooflik. Baie dankie vir die lig wat jul vir ons so mooi op elle onderwerp bring
    Johnelle

    • Marnix Boersema Marnix Boersema

      Baie bly jy vind dit waardevol, Johnelle! Dankie vir jou boodskap.

  2. Thys Thys

    Skitterend manne. Doen so voort.

    • Linda Kruge Linda Kruge

      Baie dankie vir die mooi uiteensetting en verduideliking van by onderwerp. Ek stem saam met julle heelhartig.

  3. Hilda Oosthuizen Hilda Oosthuizen

    Ai Marnix dis so lekker om na julle te kan luister selfs in Australia . Baie liefde en groete *

    • Guido Marnix Boersema Guido Marnix Boersema

      Dankie vir jou boodskap Hilda – groete daar in die verte!

Leave a Reply to Linda KrugeCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.