Wie & wat is Scriptura?

Ontmoet die span

Aanbieders en skrywers

Ons is vyf predikante: vier van ons bedien in die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika en een in die Vrye Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika. Scriptura skep vir ons die geleentheid om by mekaar te leer en ook die Woord van die Here uit te dra regoor die wêreld.

Administrasie en redigering

Agter die skerms werk drie dames baie hard, om ons artikels, episodes en video’s te redigeer en te publiseer. Hulle hanteer alles rondom ons sosiale media, grafika, redigering van oudio en video en allerlei ander administrasie - amper te veel om hier te noem!


Wat is die doel van Scriptura?

Scriptura se leuse is “die hele Skrif is deur God ge-asem.” Dit som op wat ons in 2 Timótheüs 3:16,17 lees:

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Scriptura se doel is om te wys hoe die hele Woord van die Here gesagvol is en vandag tot ons spreek. Die Here leer, weerlê, wys reg en onderrig is in Sy Woord!