Ouerskap: Bybelse Ma-wees
‘n Bybelse ma verstaan God se skeppingsplan, en vervul God se roeping as moeder vir haar kinders. Sy leef God se verbondsbeloftes uit, en voed haar kinders in die vrees van die Here op. ‘n Bybelse vrou verstaan haar rol as huweliksmaat, en vervul haar funksie tot eer van God.
Minuutmerkers:
04:04 Die skepping van die mens: Eva is geskep na God se beeld, en as hulp wat by Adam pas.
21:30 Bybelse vrou-wees: In die samelewing en in die huwelik (Efesiërs 5).
31:47 Bybelse ma-wees: Die gevolge van die sondeval, en wat 1 Timoteus 2:15 beteken?
49:17 Prakties: eer God en wees gehoorsaam in rol as vrou en moeder.
Ander episodes in die reeks:
Ouerskap: Ouerskap is Herderskap
Herderskap definieer die verhouding wat ouers met hul kinders behoort te hê. Die Here verwag van ons om ons kinders op te voed tot Sy eer.









