Ouerskap: Dissipline
Ouers is deur God aangestel oor die kinders en word geroep om met gesag kinders in hierdie lewe te lei. Ouers moet binne die Bybelse grense optree as hulle kinders sondig en ouers mag ook optree wanneer hulle kinders sondig.
Minuutmerkers:
4:24 Die punt van Bybelse dissipline is om die hart van die kind te verander.
08:34 Hoe kan ek as herder my kind lei dat hy/sy by die Here uitkom?
16:43 Ouers moet konsekwent wees in hul dissipline.
22:00 Vaders se foutiewe gedrag reflekteer dikwels ‘n verwronge beeld van God, die Vader.
29:20 Dis belangrik dat kinders Bybelse gesagsordes verstaan.
36:40 Dissipline wat nie in liefde gedoen word nie, is onbybels en lei tot mishandeling.
39:40 Dit is belangrik om vergifnis te vra wanneer ouers gefouteer het.
Aanbevole bron:
1. Shepherding a Child’s Heart deur Tedd Tripp
Ander episodes in die reeks:
Ouerskap: Ouerskap is Herderskap
Herderskap definieer die verhouding wat ouers met hul kinders behoort te hê. Die Here verwag van ons om ons kinders op te voed tot Sy eer.







