Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is ‘n Geloof-alleen teologie
Hierdie is die laaste episode in die reeks oor Gereformeerde teologie. Wat bedoel ons met geloof-alleen teologie? Kan ons enige iets bydra tot ons redding? Indien nie, hoe verstaan ons dan “goeie werke”? Wat is die plek daarvan in ‘n gelowige se lewe?
Minuutmerkers:
01:00 Wat is geloof?
22:53 Wat is geloof-alleen teologie?
32:12 Hoekom is Gereformeerde teologie spesifiek ‘n geloof-alleen teologie?
38:49 Wat is die verhouding tussen geloof en goeie werke?
45:45 Hoe werk ons heiligmaking?






