Wat vra die Here, Heerser oor alle magte - die God van die heelal - van sy volk daagliks? “Waarom kan ons goeie werke nie die geregtigheid voor God of 'n deel daarvan wees nie?”, lui die Heidelberge kategismus Sondag 24 vraag en antwoord 62. God dink genadiglik aan sy verbond terwyl die volk teen Hom sondig. Hy tugtig sy volk. Vra jouself af: Is dit moontlik dat ek besig is met die regte dinge, sonder om die regte ingesteldheid te hê? Maak my betrokkenheid by heilige dinge my vanselfsprekend heilig? Waarmee moet ek my eerder bemoei en waaraan moet ek toegewy wees met my hele hart? Waarom en waarvoor het God my geheilig? Is die grootste seën wat ons van God ontvang het nie juis om in ‘n verhouding met Hom te mag wees nie?
Minuutmerkers:
02:12 Haggai 2:1-19 voorlesing
05:16 Is betrokkenheid gelyk aan heiligheid?
10:33 Twee belangrike vrae van die priesters
14:08 Hoe behoort ons die oproep te verstaan?
21:40 Toepassing
26:34 ‘n Bepaalde manier van lewe
32:00 Die las wat ons op onsself plaas
Skrifverwysings:
Haggai 2:1-19, HK Sondag 24 vr 62, Ps 139, Ps 127, Ps 32, Rom 7, Es 36:26-27, Joh 10, 1 Kor 1:31, 1 Tess 5:23-24, Rom 5-6





