Haggai se profetiese woorde het tot die kerk en die staat gespreek. Jerusalem en die tempel lê aan skerwe, en die herbou is ‘n massiewe taak wat die Joodse volk oorweldig. Hulle was erg ontmoedig, omdat die omstandighede baie moeilik was, en daar is nie baie vordering met die tempel gemaak nie.
Wat het met hulle moed en emosies gebeur toe hulle hul begin vergelyk het met die vroeër tempel, eertydse weelde en die voorspoedige tyd in hul verlede? Hoe reageer Haggai op hulle terneergedruktheid en teleurstelling met hul huidige toestand? Hoe bemoedig hy hulle? Waarop moet hulle gefokus bly, en waar gaan hulle krag vandaan kom?
Waaroor gaan oor die profesie in werklikheid, en hoe kan ons in die kerk vandag ook moed skep om die Here te dien, en te fokus op toekomstige heerlikheid, eerder as ons stoflike, aardse bestaan?
Minuutmerkers:
00:00 Inleiding
02:15 Teksvoorlesing - Haggai 2:1-9
03:50 Konteks en agtergrond
07:00 Vergelykings lê ons lam
10:20 Kyk ons na die stoflike of die ewige?
12:30 Dit wat kom is groter en beter
19:25 Wat was die ware krisis en tekort?
23:27 Waarmee is die kerk besig?
27:30 Waar lê die krag van die kerk?
29:55 Die toekomstige heerlikheid
34:00 Die kerk is God se instrument
Skrifverwysings:
Hag 2:1-9, Esra 3 en 5, 2 Kor 10:12, Heb 12:26, Deut 28





