Site icon Scriptura

Perspektief: November 2025

Scriptura gesels oor die afgelope maand se nuusgebeure ten einde bybelse lig te skyn rondom hierdie drie onderwerpe:

Luidens ‘n verslag is John Steenhuisen, Minister van Landbou, en leier van die Demokratiese Party, se finansiële boeke nie op datum nie, en skuld hy persoonlik baie op sy kredietkaart.

Wat is wanbesteding en hoe moet christene met skuld omgaan om steeds gehoorsame rentmeesters van ons inkomste, en ‘n bybelse getuienis vir die wêreld, te wees?

Daar is ‘n opskudding tussen die dierebeskermingsorganisasie DBV en Willie Aucamp, nuwe Minister van Bosbou, Vissery en Natuurlike Hulpbronne, as gevolg van bewerings dat hy gekoppel is aan ‘n besigheid wat wilde diere jag vir wins. Volgens berigte ondersteun hy ‘n organisasie wat die jag van leeus in gevangenskap verteenwoordig.

Wat doen boere om die natuur en wild te beskerm teen uitsterwing?
Hoe moet ons die natuur verantwoordelik bewaar?
Is jag reg of verkeerd, en is mense en diere ewe belangrik in God se koninkryk?
Hoe kan die bedryf van jag nadelig en voordelig wees vir bewaring vir ons nageslag?

Tydens die G20-beraad (internasionale forum vir samewerking en wedersydse raadpleging en konsultasie) in November 2025, is Suid-Afrika se rassewette en rassebeleid saam met ekonomiese- en handelskwessies onder die vergrootglas geplaas. Terwyl Suid-Afrika se presidentskap gelykheid en insluiting beklemtoon, het sommige gemeen dat Suid-Afrika se rasgebaseerde wette en -beleide, beperkend is, en internasionale anti-diskriminasie konvensies oortree.

Is Suid-Afrika besig om vir sy burgers te sorg, of is ons regering besig om ‘n false gesig voor te hou vir die wêreld?

00:00 Temas
05:45 John Steenhuisen van DA se skuld
08:45 Persoonlike kredietkaart skuld en wanbesteding
16:50 DBV teen Willie Aucamp, Minister van Bosbou, se “hunting lobby”
22:55 Omstrede G20 oor rassewette en ekonomiese- en handelskwessies

Skrifverwysings: 1 Samuel

Aanbieders: Nikolaas Pienaar en Jaco de Beer

Exit mobile version